Ontdek die nuutste vakanteposte op ons webtuiste en sosiale platforms. Doen direk aansoek op ons webtuiste www.FarmManagerSA.co.za – dis vining, maklik en veilig
Aansoeke word noukeurig deur die span oorweeg. Daarna word ‘n kortlys van geskikte kandidate opgestel en onderhoude gevoer. Referente word ook opgevolg sodat kliënte verseker kan wees van ‘n perfekte aanstelling.
Indienjy aan die vereistes voldoen, sal ons jou profiel aan potensiële kliënte voorlê, onderhoude reël en jou ondersteun deur die hele aansoekproses – van begin tot einde. Let wel dat SLEGS kandidate op ons kortlys gekontak sal word. As jy nie gekontak word nie, nooi ons jou uit om vir ander poste op ons webtuiste aansoek toe doen.do continue to apply until you find a suitable role.
Jou boerdery of agri-besigheid is vir ons belangrik en daarom werk ons saam met jou om aan jou spesifieke vereistes te voldoen. Of jy nou besig is om ‘n span te bou of net ‘n enkelrol wil vul, ons sal aanpas by jou behoeftes sodat jy die regte kandidaat kan aanstel.
Ons sal jou vakante pos adverteer, agtergrondkeuring van kandidate doen, ‘n kortlys optstel, asook aanvanklike onderhoude reël sodat jy net aan kandidate voorgestel word wat aan jou vereistes voldoen en by jou maatskappy se kultuur inpas.
Nadat jy ‘n kandidaat goedgekeur het, sal ons jou help met die onderhoud en ook finale onderhandelinge en plasingsbesonderhede reël. Ons kan jou verseker van ‘n moeitelose en doeltreffende proses.