Green arrow icon
#1 Farming Jobs in SA

Die skakel tussen top talent en Suksesvolle Boerderye

By FarmManager SA dryf ons die toekoms van volhoubare landbou deur geskikte kandidate direk met agri-besighede te verbind.  Van ervare plaaswerkers tot kundige bestuurders van boerdery, ons is jou skakel.

Vind jou ideale werk

Beskikbare poste

Dairy Herdsman
Industry icon
Livestock & animal production
Location icon
United Kingdom
Date icon
July 24, 2025
Occupation icon
Full-time

Our client is looking for a Dairy Herdsman to join the team in Daventry Area, Northamptonshire – United Kingdom

Electrician
Industry icon
Niche sectors
Location icon
Eastern Cape, South Africa
Date icon
July 24, 2025
Occupation icon
Full-time

Our client is looking for an Electrician to join the team in Stutterheim Area – Eastern Cape

Ranching and Cropping Manager
Industry icon
Farm Management
Location icon
Zambia
Date icon
July 24, 2025
Occupation icon
Full-time

Our client is looking for a Workshop Manager to join the team in Mazabuka Area – Zambia

Workshop Manager
Industry icon
Technical, Driving & operations
Location icon
Zambia
Date icon
July 24, 2025
Occupation icon
Full-time

Our client is looking for a Workshop Manager to join the team in Mazabuka Area – Zambia

Vind die perfekte kandidaat vir jou Agri-besigheid

Huur die beste talent vandag
So maklik soos ABC

Volg die stappe

1

Soek ‘n werk


Besoek ons Vakante poste bladsy en gebruik die filters om poste te vind wat perfek by jou vaardighede en ondervinding pas.

2

Doen aansoek

Vind die werk waarvoor jy wil aansoek doen en klik op die Aansoek knoppie.  Vul die relevante inligting op die aansoekvorm in, laai jou getuigskrif (CV) op en volg die maklike stappe om jou aansoek aan te stuur.

Neem asseblief kennis: die CV-lêer mag nie groter as 2 MB wees nie.

Image of a computer and text that tells you to upload your CV
3

Onderhoud met ons span

SLEGS kandidate wat voldoen aan die kliënt se kriteria sal gekontak word.

Hierna sal ons span aanlegtoetse doen, jou vaardighede evalueer en ‘n interne onderhoud reël om seker te maak dat jou kwalifikasies in ooreenstemming is met die werksvereistes.

4

Skeduleer n onderhoud met die klient

Nadat ons span jou geskiktheid vir die werk geëvalueer het, word jou aansoek na ons kliënt gestuur vir goedkeuring en om ‘n moontlike onderhoud te skeduleer. Hierdie onderhoud kan persoonlik of aanlyn plaasvind, afhangende van die kliënt se voorkeure.

5

Word geplaas

Indien jy die onderhoud suksesvol voltooi het en die kliënt sy/haar keuse gemaak het, sal ons jou deur die finale stappe lei om die werk van jou drome te verseker.

Van werksaanbod tot werksaanstelling -  ons span is stap vir stap saam met jou.

Hoekom Farm Manager SA?

Redes om Farm Manager te gebruik

Hidden Opportunities icon
Toegang tot verborge geleenthede

Ontsluit eksklusiewe werksgeleenthede wat nêrens anders geadverteer word nie.

Ons is die kundiges in die bedryf

Leiding deur ‘n span met meer as 40 jaar ondervinding in werwingsgeleenthede in die landbousektor.

Diens van begin tot einde

Van aansoek tot aanstelling – ons loop die pad saam met jou.

Vinniger resultate

Ons verbind jou met die regte werk, vinniger.

Geleenthede vir groei

Vind werksgeleenthede wat langtermyn loopbane aanbied.

Gratis Diens

Geen fooie, net betroubare ondersteuning – dit kos jou niks.

Gespesialiseerde Landboukundigheid

Landbou is ons spesialiteit en ons het ‘n kandidaat vir elke rol in jou boerdery – van produksie tot bestuur.

Toegang tot kwaliteit kandidate

Kry toegang tot ons ekstensiewe databasis met vooraf gekeurde kandidate.

Bespaar tyd met ons werwingsproses

Ons doen alles vir jou sodat jy kan fokus op jou besigheid – van die plasing van jou advertensie, die vooraf-keuring van kandidate en selfs die reël van onderhoude.

Beproefde prestasierekord

Met meer as 40 jaar ondervinding en plasings regoor 1000 landboustreke, kan jy ons vertrou om uitstekende resultate te lewer.

Ons pas aan by jou besigheidsbehoeftes

Ons verstaan dat elke boerdery en agri-besigheid uniek is en daarom pas ons aan by jou behoeftes.

Verminder die risiko

Ons streng keuringsproses verseker dat jy van die begin af die regte kandidaat vir jou besigheid aanstel.

Kliënt 💚

Bewese prestasierekord

“Excellent service”

As you know we've made use of your recruiting service for many years. Our requests are often quite unique in terms of qualification, experience, and ability to adapt to tough circumstances. You have always made great effort to understand our specific requirements to find that “needle in the haystack”.   Your suggestions have always been well-thought-through and properly researched. You have also shown patience with our requirements often changing. I want to thank you for your friendly and professional service and look forward to continuing our journey together.

Willem
Client

“Groot Waardering”

Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om vir julle dankie te sê vir die werksaanbod wat ek aanvaar het. Dankie vir al julle moeite en toewyding om mense soos ek te help om ’n goeie posisie te kry. Voor ek met Mandy se onderhoud gehad het, het ek menigte CV’s gestuur sonder enige positiewe reaksie, al het ek baie ondervinding. Na Mandy se onderhoud het ek verskeie goeie opsies gehad, selfs ’n paar in Kenya. Dankie ook aan Jolene wat plaaslik verder gesoek het en my CV ingestuur het – twee weke later is ek hier op die plaas met ’n wonderlike geleentheid. Weereens dankie dat julle ’n verskil maak. Mag ons Hemelse Vader se seën en guns met julle wees.

Danie Smit
Aansoeker

Reliable Source for Top Farm Talent

Farm Manager SA has been instrumental in helping us find excellent farm managers. Their thorough interview process and detailed candidate presentations make it easy to select the best fits for our operation. The team's agricultural expertise is hugely beneficial, and their efficient service consistently delivers high-quality candidates. For anyone seeking top farm management talent, I highly recommend Farm Manager SA.

Andrew
Client

“Amazing customer service”

Mandy has been super amazing with communication and patient with my responses in this process, it was a pleasure dealing with her

Sandile
Candidate

Vind die werk van jou drome

Beplan jou toekoms
Gereelde vrae

FAQ's

Bied Farm Manager SA indiensopleiding aan?

Ons verskaf gewoonlik nie indiensopleiding of ’n praktiese inwerkjaar nie. Indien ’n kliënt dit wel verlang, word dit duidelik in die posadvertensie vermeld, maar dit is die uitsondering en nie die reël nie.

Watter dienste bied Farm Manager SA aan werksoekers?

Ons adverteer vakante poste wat gebaseer is op ons kliënt se vereistes en skep ‘n kortlys.  Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word om voort te gaan met die keurings-en-onderhoudproses.  Indien hulp met ‘n professionele CV verlang word, kontak Jody:  Marketing@FarmManagerSA.co.za

Hoe registreer ek by Farm Manager SA as ‘n werksoeker?

Laai eerstens jou CV op ons webtuiste.  Let wel dat as jy nie op die kortlys is vir die werk waarvoor jy aanvanklik aansoek gedoen het nie, sal jy weer jou CV moet oplaai as jy vir ‘n ander werk wil aansoek doen.

Is daar ‘n fooi betaalbaar indien ek van Farm Manager SA se dienste gebruik wil maak?

Daar is geen registrasiefooie nie.

Hoe bly ek ingelig oor nuwe werksgeleenthede?

Volg Farm Manager SA op Instagram, Facebook, TikTok en via ons webtuiste

Watter proses moet ek volg om aansoek te doen vir ‘n werk deur Farm Manager SA?

As jy op die kortlys is sal ons jou help om ‘n elektroniese aansoekvorm te voltooi om die proses te begin.

Is daar spesifieke sluitingsdatums vir geadverteerde werksgeleenthede?

Nee, daar is nie.

Ek het al telkemale aansoek gedoen, maar nog nie terugvoer ontvang nie?

Slegs geskikte kandidate sal terugvoer ontvang.

Moet ek vir elke pos ’n nuwe aansoek indien, of hou julle my CV op rekord en hanteer dit vir my?

Ongelukkig moet jy vir elke pos apart aansoek doen totdat jy op die kortlys verskyn.

Kan jul my help om ‘n professionele CV op te stel?

Ja, ons kan, teen ‘n fooi. Voltooi hierdie vorm om met die proses te begin.

Kan Farm Manager SA my help met deeltydse of seisoenale plasings?

Gewoonlik doen ons dit nie, maar as ‘n kliënt dit aanvra, sal ons die pos adverteer.

Het julle internasionale werksgeleenthede?

Ja, daar is internasionale werksgeleenthede beskikbaar – alle poste word op ons webtuiste geadverteer

Bied julle werksgeleentheide buite die landbousektor aan?

Alle poste is in die landbousektor.  Indien ‘n kliënt egter opsoek is na byvoorbeeld ‘n ingenieur, sal ons probeer om die pos te vul.

Watter vereistes word verwag van ‘n werksaansoeker?

Dit is afhangend van die kliënt se behoeftes

Sal Farm Manager SA my kan help om vir werkspermitte en visas vir internasionale poste aansoek te doen?

Ongelukkig nie, maar die kliënt sal jou help as jou aansoek suksesvol is.

Sal Farm Manager SA my nogsteeds ondersteun nadat ek suksesvol geplaas is?

Beslis.

Wat gebeur as ek ongelukkig is waar ek geplaas is?

Kontak ons onmiddellik.

In watter industrieë en poste spesialiseer FarmManager SA?

Alle landbou verwante sektore en rolle – van die toesighouer van ‘n melkery tot die bestuurder van ‘n landboubesigheid. 

Kan julle my help om beide voltydse en seisoenale poste te vul?

Ja, ons kan.

Voorsien julle net kandidate met ondervinding of kan julle my help om ook intreevlak werkers te huur?

Beide.  Ons werk saam met jou om aan al jou vereistes te kan voldoen.

Vul julle net posisies in Suid-Afrika of ook in die buiteland?  

Beide

Wat is die voordele van ‘n werwingsagenskap soos Farm Manager SA? Hoekom kan ek nie net direk kandidate huur nie?

Ons haal die moeite uit jou dag uit sodat jy op jou besigheid kan fokus.  Ons hanteer die onderhoude  en doen ‘n volledige keuringsproses.

Hoe werk julle keuringsproses en hoe stel julle ‘n kortlys saam?

Geskikte kandidate voltooi eers ’n aansoekvorm waarin hulle volledige en eerlike inligting verstrek. Daarna voer ons ’n onderhoud met die kandidaat en stel ’n omvattende verslag op. Vervolgens verkry ons al die nodige agtergrondinligting en stuur die volledige dossier daarna aan u, ons kliënt.

Maak julle vooraf ’n deeglike agtergrondondersoek en kontak julle ook die kandidate se referente?

Indien ‘n kliënt dit versoek, sal ons dit doen.

Voorsien julle psigometriese assesserings of doen julle vaardigheidstoetse?

Ons doen nie psigometriese assesserings of vaardigheidstoetse nie, maar ons kan kundiges aanbeveel wat dit kan behartig.  Ons kan ook die proses fasiliteer. 

Hoe lank neem dit gewoonlik om ‘n pos te vul?

Gewoonlik nie meer as twee weke nie.

Wat gebeur as die aansoek onsuksesvol is?

Sien ons Terme en Voorwaardes ooreenkoms

Verleen jul hulp aan buitelandse kandiate met werkspermitte en visa aansoeke?

Ongelukkig nie, maar ons sal probeer help waar ons kan.

Kan jul hulp verleen met deeltydse werkers of huurkontrakte?

Ja, ons kan.

Ondersteun jul kandidate na aangestellings?

Ons sal jou en die kandidaat vir drie maande na plasing ondersteun om seker te maak beide partye is gelukkig.

Wat is die fooiestruktuur vir die dienste wat jul lewer?

Kontak ons vir meer inligting.

Waar begin ek sodat Farm Manager SA die regte talent/regte kandidaat vir my besigheid kan vind?

Kontak ons per e-pos Susan@FarmManagerSA.co.za of telefonies +27 73 238 0040